Skip to content

Oos-Kaapse premier veroordeel gewelddadige betoging by Fort Hare

# Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, het die gewelddadige betoging by die Fort Hare-universiteit se kampus in Alice veroordeel. Studente betoog sedert Maandag en eis dat ‘n studenteraad-verkiesing nog hierdie maand gehou moet word. Hulle eis ook dat die visekanselier, Sakhela Buhlungu, bedank. Hulle beskuldig hom daarvan dat hy nie beweerde wanbestuur by die instelling regstel nie. Die administrasie- en die studentesakegebou is gister aan die brand gesteek, wat daartoe gelei het dat die bestuur bedrywighede gestaak het. Mabuyane sê die beskadiging van infrastruktuur kan nie geduld word nie.