# Die Oos-Kaapse LUR vir Vervoer en Gemeenskapsveiligheid, Xolile Nqatha, veroordeel ’n massa-skietery in Ngcobo waarin drie mense dood en twee gewond is. Die voorval het gisteraand plaasgevind by ’n huis in die Mangweni-gebied in Dalasile waar familielede oor ‘n naasbestaande se dood gerou het. Die motief vir die moorde is nie bekend nie. Volgens Makhaya Komisa van die departement het twee gewapende mans die huis binnegestorm en begin skiet:
Oos-Kaapse LUR veroordeel massa-skietery in Ngcobo, beloof vinni optrede [KLANK]
ENG KomisaOnNgcoboShooting