Skip to content

Oos-Kaapse Gesondheids-LUR veroordeel kapingsvoorval by New Brighton-kliniek [KLANK]

# Die Oos-Kaapse LUR vir Gesondheid, Ntandokazi Capa, doen ʼn beroep op wetstoepassers om die gewapende verdagtes vinnig aan te keer wat gister ʼn afleweringsvoertuig buite die New Brighton-kliniek in die Baai gekaap het. Die verdagtes het die afleweringspan aangehou en met ʼn privaat bakkie gevlug wat pakkies van die sentrale uitreiking- en verspreidingsprogram vir chroniese medisyne vervoer het. Geen personeel of pasiënte is beseer nie. Capa sê strenger sekuriteitsmaatreëls moet ingestel word om gesondheidsfasiliteite in die provinsie te beskerm:

ENG CapaonHijackingIncident