Skip to content

Onwettige dobbelary in Gauteng neem toe

# Die Gautengse Dobbelraad waarsku teen die toenemende bedreiging van onwettige dobbelary in die provinsie. Die bedrywighede kan spelers geld laat verloor of hulle kan strafregtelik aangekla word. Dit sluit in ongelisensieerde aanlyn dobbelwebwerwe tot agterdeur-kasino’s en straatdobbelary. Die raad sê slegs gelisensieerde casino’s, aanlyn platforms en dobbellokale is wettig. Hy sê ongereguleerde plekke oortree belastingwette en dit hou aansienlike gevare in soos geld wat vermis raak, deelname van minderjariges en risiko gedrag.