# Indië se eerste mediese kliniek vir transgender mense het werksaamhede in drie stede gestaak nadat president Donald Trump buitenlandse hulp opgeskort het. Die klinieke het MIV-behandeling, genderbevestigende steun en beradingdienste vir duisende transgender mense gebied. Trump se streng optrede met USAID het tientalle programme regoor die wêreld geraak. In Indië het dit die transgendergemeenskap se toegang tot noodsaaklike mediese steun belemmer. ‘n Personeellid het aan die BBC gesê die klinieke het sowat ses-duisend mense behandel en omtrent ses- tot agt-persent van die pasiënte het MIV-behandeling ontvang.
Onttrekking van USAID-befondsing sluit drie van Indië se klinieke vir transgender mense