# Die politieke ontleder Thabang Motswaledi van die Noordwes-Universiteit sê die ANC in die provinsie moet dringend aandag skenk aan interne weerstand terwyl koalisieonderhandelings voortduur. Nie een van die elf munisipaliteite in die provinsie waar geen party ‘n volstrekte meerderheid behaal het nie, het al koalisie-ooreenkomste aangekondig ná die plaaslikeregeringsverkiesing nie. Motswaledi waarsku ontevrede raadslede kan partybesluite oor ontplooiings tydens raadsittings ondermyn en vra strenger dissipline om verdere verdeeldheid in die party te voorkom.
Ontleder waarsku ANC oor interne verset te midde van Noordwes-koalisiegesprekke