# Limpopo se voormalige LUR vir Veiligheid en Sekerheid, die verbanne senior advokaat Seth Nthai, het skuldig gepleit op ‘n aanklag van korrupsie. Hy het erken dat hy vyf-miljoen-rand se omkoopgeld van ‘n Italiaanse sakeman probeer bekom het terwyl hy die Suid-Afrikaanse regering in ‘n myn-regsgeding verteenwoordig het. Sy naam is in 2013 van die advokate-rol verwyder. Nthai het ‘n pleitooreenkoms met die staat gesluit en is gevonnis tot ‘n boete van 500-duisend-rand of twee jaar tronkstraf. Die saak het gevolg op klagtes wat in 2022 aanhangig gemaak is.
Onteerde voormalige LUR van Limpopo Seth Nthai pleit skuldig op korrupsie-aanklag