Skip to content

Ongeveer 12 000 Tshwane-klante kry verkeerdelik rekening vir skoonmaakdienste

# Die Stad Tshwane sê ʼn gedetailleerde kontroleringsproses het bevestig die skoonmaakheffing van 194-rand het in September verkeerdelik op sowat 12-duisend klante se rekeninge verskyn. Die Hooggeregshof in Pretoria het die heffing in Augustus ongeldig verklaar. Die metro het intussen daarteen geappelleer. Die burgemeesterskomiteelid vir Omgewings- en Landboubestuur, Obakeng Ramabodu, sê die rekeningstelsel is suksesvol herprogrammeer en klante wat die verkeerde bedrag betaal het, sal ʼn krediet op hul rekening ontvang. Geen kontantterugbetalings sal gedoen word nie.