Skip to content

Ongedokumenteerde migrante wat in Brittanje aankom is reeds meer as die hele 2024

# Bykans 37-duisend migrante het tot dusver vanjaar met klein bote in die Verenigde Koninkryk aangekom, terwyl die regering nuwe druk ervaar oor pogings om die vaarte te verhoed. Altesaam 36-duisend-954 ongedokumenteerde migrante het tot dusver vanjaar die Engelse Kanaal oorgesteek van Noord-Frankryk na die Engelse suidkus, in vergelyking met 36-duisend-816 vir die hele 2024. Die getalle sal ‘n groot hoofpyn wees vir die Britse eerste minister, Keir Starmer, wat beloof het om die bendes mensesmokkelaars wat migrante enorme bedrae geld vir die gevaarlike vaarte vra, te vernietig.