# Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, sê die veiligheid van opvoeders en leerders moet ‘n topprioriteit wees vir beide die Departement van Onderwys en wetstoepassingsagentskappe. Die adjunkhoof van Dinoto Technical Secondary School is Vrydag geskiet en gewond terwyl hy op pad was na die skool in Daveyton, Ekurhuleni. Makaneta sê hierdie soort geweldsmisdaad het geen plek in Suid-Afrikaanse skole nie en skole moet veilige ruimtes vir leer wees: