Skip to content

Ondersoekkommissie na WVK-sake vra bewyse by belangrike individue, ondersoek- en vervolgingsagentskappe

# Die ondersoekkommissie na sake van die Waarheids- en Versoeningskommissie het briewe gestuur aan huidige en oud-presidente, ministers van Polisie en Justisie, en nasionale en provinsiale direkteure van Openbare Vervolgings. Hy soek bewysmateriaal soos dokumente en klank-opnames wat verband hou met WVK-sake wat deur die Amnestiekomitee verwys is. President Cyril Ramaphosa het in Mei die aanstelling van die kommissie aangekondig om die redes agter die vertraagde vervolging van misdade uit die apartheidsera te ondersoek.