# Olimpiese Spele: Die lede van die Internasionale Olimpiese Komitee sal vandag in Griekeland die eerste keer sedert 2013 ‘n nuwe president verkies om Thomas Bach van Duitsland op te volg. Sewe kandidate ding mee om die magtigste posisie in die sportwêreld. Die president van Wêreldatletiek, Sebastian Coe van Engeland, is een van die gunstelinge, saam met Juan Antonio Samaranch Junior van Spanje en Kirsty Coventry van Zimbabwe, wat meeding om die eerste vroulike president van die IOK te wees. Bach sal tot Junie aanbly as deel van ‘n oordragproses aan sy opvolger.
Olimpiese Spele: Verkiesing van volgende IOK-president vind vandag in Griekeland plaas