Skip to content

Olimpiese Spele: Coventry word die IOK se eerste vroue-president

# Olimpiese Spele: Die eerste vroue-president van die Internasionale Olimpiese Komitee, Kirsty Coventry, het beloof om die Spele te versterk en sy invloed uit te brei toe sy die rol oorgeneem het in Lausanne, Switserland. Die 41-jarige voormalige Zimbabwiese Olimpiese swemkampioen volg Thomas Bach van Duitsland op na 12 jaar. Coventry sê sy is geëerd dat sy die roete gestap het van atleet tot die wêreld se magtigste sportadminastrateur, met die wete dat sy die beste span het wat haar en die beweging die volgende agt jaar sal ondersteun.