Skip to content

Okasa slaan toe op vermeende onwettige gebruik van Starlink in SA

# Die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika het ʼn ondersoek begin na bewerings dat Elon Musk se Starlink-internet-satellietdiens onwettig in die land bedryf word. Die regering het verslapte regulasies oor swartbemagtiging vir satelietdiensmaatskappye se lisensievereistes in die Staatskoerant gepubliseer. Die voorgestelde beleidsriglyn baan die weg vir Starlink om in die land bedryf te word. Okasa-voorsitter, Mothibi Ramusi, sê as die ondersoek enige verbreking van die regulatoriese en wetgewende raamwerke onthul, sal hulle optree volgens die magte tot hulle beskikking.