Skip to content

Oggendkoerant-verslag

Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 29 Junie 2026:

NASIONAAL:

# Business Day:

Berig Transnet sê sy nuwe hawebestuurder-reëls is nie gekoppel aan die optrede teen onwettige immigrante nie. Dit volg nadat die reëls oor dokumentasie reeds in Julie by die Durbanse hawe in werking sal tree.

# En die Netwerk24-webblad:

Berig ‘n Kanadese doel in die 92ste minuut het die harte van Bafana Bafana en sy ondersteuners gebreek toe Suid-Afrika by die Wêreldbeker uitgeskakel is.

En tweedens skryf die webblad die VSA en Iran het mekaar opnuut aangeval nadat ‘n skip in die Straat van Hormoes raakgeskiet is.

GAUTENG:

# The Star:

Skryf honderde inwoners van Soweto het reeds Saterdag met stokke en knopkieries deur dele van die township opgeruk en geëis dat ongedokumenteerde buitelandse burgers Suid-Afrika verlaat. Die Johannesburgse Metropolisie sê hulle het gister ‘n reeks spontane optogte in Soweto gemonitor, met groepe inwoners wat na verskeie polisiestasies beweeg het.

# Sowetan:

Berig paniek het onder buitelanders in Suid-Afrika uitgebreek op die vooraand van die teen-immigrante-betogings môre. Die koerant skryf honderde het toegesak op hul ambassades om uit die land te vlug.

# En The Citizen:

Skryf met spanning op ‘n mespunt en duisende migrante wat die land uit vlug, is dit belangrik dat lesers hul dag môre beplan. Die koerant gee ‘n uiteensetting van roetes wat begaanbaar sal wees.

WES-KAAP:

# Die Burger:

Berig die voormalige leier van die DA, John Steenhuisen, het uitgevaar teen die besluit om hom te verskuif as minister van Landbou. Die nuwe DA-leier, Geordin Hill-Lewis, sê egter hy het slegs opgetree tot voordeel van die party. Hy sê ‘as jy droogmaak moet jy uit’.

Tweedens skryf die koerant oor ‘n student van die Universiteit van Kaapstad wat deur ‘n vrou uit ‘n getypoel gered is.

En laastens is daar ook nuus oor Bafana se nederlaag.

OOS-KAAP:

# The Herald in Gqeberha:

Berig kabeldiewe wat voorgegee het hulle is tegnici het die gemeenskap so oortuig dat die werk wettig was, een inwoner het hulle selfs koeldrank aangebied terwyl hulle gewerk het.

En tweedens skryf die koerant ook oor die lief, maar veral die leed van Bafana Bafana by die Wêreldbeker.

KWAZULU-NATAL:

# The Witness in Pietermaritzburg:

Skryf daar is toenemende steun dat die geskiedkundige Harwin’s Arcade in Pietermaritzburg gered word. Die deurloop naby die stad se teater-gebied word nou deur plakkers beset en is in ‘n haglike toestand.

En ten slotte uit NAMIBIË:

# Republikein in Windhoek:

Berig die minister van Gesondheid en Maatskaplike Dienste, Esperance Luvindao, sê drie ambulanse het nege maande gelede op die massa-ongeluk by Mariental gereageer en vervoer was nie die oorsaak van die sterftes nie.

Dan skryf die koerant die moordbeskuldigde, Harvey Boulter, sê hy is nie van plan om te vlug nie.

En laastens word berig oor twee gesinne met kinders wat na bewering Saterdag in die vroeë oggendure met ’n vuurwapen by die gemeenskapsruskamp by Spitzkoppe beroof is.