Skip to content

Oggendkoerant-verslag

Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 15 Junie 2026:

NASIONAAL:

# Business Day:

Berig brandstofprysstygings het Suid-Afrikaanse elektriese voertuigverkope aangehelp. Dit volg nadat meer bekostigbare elektriese voertuie die mark betree het.

# En die Netwerk24-webblad:

Het teen vroegoggend nog gelei met Rapport-stories. De webblad berig oor die boedeltwis tussen professor Peter Raper van die Universiteit van die Vrystaat en sy brandarm suster van Durban, Sharon Harris.

GAUTENG:

# The Star:

Skryf die voorsitter van die tussenministeriële Komitee oor Migrasie, Mmamoloko Kubayi, sê die regering sal meer as ‘n duisend busse benodig vir die repatriasie van meer as sewe-duisend Malawiese burgers wat tans in Sherwood, Durban, gestrand is. Sy het ook nog strenger stappe teen onwettige migrante afgekondig.

# Sowetan:

Berig die streng optrede teen migrante in Suid-Afrika het ‘n regstreekse uitwerking op ondernemings wat in Afrika sake doen.

# En The Citizen:

Skryf die EFF-leier, Julius Malema, sê Afrikane se aandag moet nie afgelei word deur interne konflikte soos xenofobie of geskille oor spaza-winkels nie. Hulle moet eerder verenig bly en fokus op die groter stryd van ekonomiese bevryding.

WES-KAAP:

# Die Burger:

Berig eerstens oor die besondere prestasies van Gerda Steyn en George Kusche in gister se Comrades-marathon.

En tweedens skryf die koerant oor die nalatenskap van ‘n onderwyseres van Laerskool Kathu, Ilze Posthumus, wat die naweek dood is toe die skoolbus reg van voor met ‘n vragmotor gebots het.

OOS-KAAP:

# The Herald in Gqeberha:

Berig eers oor die redes hoekom Ysterman SA sy volle afstand-wedloop uit die Baai verskuif. Dit word hoofsaaklik toegeskryf aan ‘n afname in deelnemers.

En daarna skryf die koerant oor jonk en werkloos – dis die werklikheid van Jeugdag vanjaar.

KWAZULU-NATAL:

# The Witness in Pietermaritzburg:

Skryf oor al die opwinding en drama van die Comrades-marathon.

En berig tweedens ook oor nog migrante wat gerepatrieer gaan word.

En ten slotte uit NAMIBIË:

# Republikein in Windhoek:

Berig geen omvattende oudit is voorgelê om die werklike hoeveelheid water te bepaal wat in die Kavangorivier beskikbaar is om as deel van die Kavango Link-projek na Windhoek te herlei nie.
En tweedens skryf die koerant die minister van Werke en Vervoer het die bewoording van ‘n dringende aansoek in die Hoërhof teen die hoofstad se spoedbulte betwis en sê verwysings na “hoofweë” en “snelweë” is wetlik gebrekkig.