Skip to content

Oggendkoerant-verslag

Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 15 Mei 2026:

NASIONAAL:

# Business Day:

Berig president Cyril Ramaphosa het die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, afgedank. Sy staar bewerings van korrupsie, wangedrag en misbruik van openbare fondse in die gesig.

# Mail & Guardian:

Lei met: “FIRED” in groot rooi letters op sy voorblad. Die koerant skryf Ramaphosa het uiteindelik opgetree teen sy afwesige minister van Maatskaplike Ontwikkeling, maar sy eie politieke oorlewing is somber met ‘n dreigende ‘n staat van beskuldiging.

# Die Papier:

Berig een van die grootste redes waarom Ramaphosa nie as president sal bedank nie, is die kommer in die party se binnekringe oor ‘n gepaste opvolger.

Dan skryf die koerant ook oor Tolashe.

En laastens is daar ‘n berig oor die werksaamhede van die Madlanga-kommissie. Daar is reeds 18 senior polisie- en wetstoepassingsbeamptes in hegtenis geneem sedert die kommissie met sy werksaamhede begin het.

# En die Netwerk24-webblad:

Skryf Ramaphosa het nou sy Nkandla-oomblik in die Parlement beleef toe die EFF en MK-party gister uitgestap het en volgens hulle geweier het om te luister na ‘n president wat nie die Grondwet eerbiedig nie.

En tweedens is daar nuus oor ‘n oudrektor van die Universiteit van die Vrystaat, professor Francois Retief, wat op 93-jarige ouderdom oorlede is.

GAUTENG:

# The Star:

Skryf Nandipha Magudumana wat na bewering haar vriend, die verkragter Thabo Bester help ontsnap het, is volgens haar regspan deur ‘n verbloemde uitlewering uit Tanzanië teruggebring. Hulle het in die Konstitusionele Hof aangevoer die operasie was van begin tot einde gebrekkig.

# Sowetan:

Lei vandag met nuus oor die reusesokkerstryd die naweek. Dis Orlando Pirates se kragmeting teen Durban City wat hom die kans kan gee om vir die eerste keer in 14 jaar die Kampioeneliga te wen.

# En The Citizen:

Skryf Suid-Afrikaners betaal hopeloos te veel vir kruideniersware. Die hoë koste kan nie net aan voedselinflasie toegeskryf word nie, produkte is baie duurder as wat die norm bepaal. Die gemiddelde plaaslike kosmandjie kos net drie-rand meer as in Brittanje.

WES-KAAP:

# Die Burger:

Lei ook met Tolashe. Die koerant berig die minster se afdanking is wyd verwelkom.

En tweedens skryf die koerant die Robertson-wynvallei het ernstige skade gelei toe die Breëriver sy walle oorstroom het. Inwoners op wynplase is ontruim en ernstige skade is aangerig.

OOS-KAAP:

# The Herald in Gqeberha:

Berig die nuwe perseel wat vir die DBV in Kariega beoog word, het tydens die onlangse oorstromings deurgeloop en is waarskynlik nie geskik vir ontwikkeling nie.

En skryf tweedens pogings deur Gift of the Givers om honderde behoeftige inwoners te help na die onlangse oorstromings, is deur plundery ontsier.

KWAZULU-NATAL:

# The Witness in Pietermaritzburg:

Skryf die opspraakwekkende wapentransaksieverhoor word voortgesit.

En berig sleutelspelers is van plan om die Haaie te verlaat.

En ten slotte uit NAMIBIË:

# Republikein in Windhoek:

Berig staatspasiënte word van bakboord na stuurboord gestuur om hul medikasie te kry weens druk op voorraadvlakke.

En tweedens skryf die koerant die regbank het erken getuiefooie is sedert 2014 onveranderd, ondanks stygende brandstofpryse en lewenskoste.