Skip to content

Oggendkoerant-verslag

Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 08 April 2026:

NASIONAAL:

# Business Day:

Berig FirstRand oorweeg om uit Brittanje te onttrek oor die stygende koste van toenemende motoreise teen die maatskappy.

# En die Netwerk24-webblad:

Berig president Donald Trump moes noodgewonge ‘n skietstilstand van twee weke met Iran aanvaar. Volgens politieke ontleders sou Amerika en Israel se verdere aanvalle op Iran se infrastruktuur vergelding deur Iran meebring wat ‘n groter ekonomiese kisis tot gevolg kan hê.

En tweedens is daar nuus oor ‘n graad 11-leerder aan die Hoërskool Waterkloof in Pretoria, Zané de Jager, wat tydens ‘n Voortrekker-kamp by die Thaba-veldwerkterrein buite Brits inmekaargesak en gesterf het. Die oorsaak van haar dood is nog nie bekend nie.

GAUTENG:

# The Star:

Skryf die hoof van die Tshwane Metropolisie, Yolande Faro, het aan die Madlanga-kommissie gesê terwyl sy besig was om vermeende bedrog ten bedrae van twee-miljard-rand in ‘n sekuriteitskontrak te ondersoek, is daar ‘n smeerveldtog teen haar van stapel gestuur.

En tweedens word berig terwyl die Nasionale Tesourie beleggings van 9,59-miljard-rand oor vier jaar deur die Nasionale Loterykommissie verduidelik, stel die Spesiale Ondersoekeenheid steeds ondersoek in.

# Sowetan:

Berig daar is talle vrae oor die wapens en kontant wat tydens ‘n klopjag by die huis van sersant Fannie Nkosi van Georganiseerde Misdaad gevind is. Hy is intussen in hegtenis geneem en word in ‘n tronkhospitaal aangehou omdat hy vrees vir ‘n aanslag op sy lewe.

# En The Citizen:

Skryf ‘n ondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid het aan die lig gebring dat grondeise deurspek is van bedrog en korrupsie. Een uit elke vier eise beland in die hof aangesien die politieke elite die stelsel misbruik.

WES-KAAP:

# Die Burger:

Berig strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur word ondersoek nadat die 61-jarige Landon la Grange wat Maandag deur ‘n taxi in Kampsbaai raakgery is, gisteroggend dood is. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

En tweedens skryf die koerant oor veiligheidswagte wat geskors is nadat hulle na bewering ‘n man aangerand het.

OOS-KAAP:

# The Herald in Gqeberha:

Berig die ontvangers van SASSA-toelaes is bekommerd oor toelaes wat nie uitbetaal word nie.

En tweedens skryf die koerant daar is onenigheid oor die vestiging van die nuwe Dierebeskermingsvereniging.

KWAZULU-NATAL:

# The Witness in Pietermaritzburg:

Berig voedselpryse het reeds, kort op die hakke van die brandstofprysstygings, begin toeneem.

En skryf KwaZulu-Natal het meer grond nodig vir olifante.

En ten slotte uit NAMIBIË:

# Republikein in Windhoek:

Berig sowat 80-persent van plaaslike owerhede se rioolkapasiteit kan nie enige nuwe ontwikkelings akkommodeer nie.

En tweedens skryf die koerant die man wat na bewering sy vierjarige stiefseun “soos ‘n sak sement” teen ‘n muur gegooi en glo sy dood veroorsaak het, bly agter tralies.