Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 24 Oktober 2025:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig Arena Holdings kon daarin slaag om ‘n belegger te vind om die voortbestaan van die Financial Mail te verseker.
# Mail & Guardian op Vrydae:
Skryf kort en kragtig: Minister Bheki Cele het die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, begrawe in sy getuienis voor die parlementêre ad hoc-komitee.
# En die Netwerk24-webblad:
Berig die agt vermeende boelies van die Milnerton High School het in die hof verskyn en is op borgtog vrygelaat. Twee van die seuns het in die jeughof verskyn omdat hulle nog nie 18 jaar oud is nie. Die seuns word aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer en hulle sal op 20 Januarie weer in die hof verskyn, sodat hul intussen eksamen kan skryf.
Dan skryf die webblad Bheki Cele het voor die palementêre ad hoc-komitee getuig dat Senzo Mchunu vir Vusimuzi ‘Cat’ Matlala wou nader vir geld om sy politieke loopbaan te bevorder.
En laastens is daar nuus oor Ellispark waar die wedstryde van die Leeus deesdae nie veel mense trek nie. Die span speel Saterdag teen Ulster.
GAUTENG:
# The Star:
Lei met: “MCHUNU WANTED TO BE PRESIDENT, CELE TELLS ALL”. Die koerant skryf ook oor Cele se onthullings in die Parlement.
# Sowetan:
Berig ook oor Cele se getuienis waarin hy die befondsing van Mchunu se presidensiële veldtog aan Matlala koppel. Hy het ook onthul 23 voormalige weermag-taakmaglede werk vir Matlala.
# En The Citizen:
Skryf oor die bepalings wat van toepassing gaan wees op motoriste wanneer AARTO op 1 Desember landswyd van krag word.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Lei met dieselfde hoofberig as Netwerk24 oor die seuns van die Milnerton High School.
En tweedens berig die koerant die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê daar is geen planne dat die naam van die Krugerwildtuin gewysig sal word nie. Dit volg op talle bespiegelinge nadat ‘n EFF-mosie in die Mpumalanga Wetgewer aanvaar is om die naam na die Skukuza Nasionale Park te verander.
OOS-KAAP:
# Daily Despatch in Oos-Londen:
Berig Buffalo City se rampbestuursentrum is tans in so ‘n swak toestand dat dit glad nie kan funksioneer nie.
En tweedens skryf die koerant die hof het planne om vloedslagoffers tydelik te hervestig gekeer.
KWAZULU-NATAL:
# The Witness in Pietermaritzburg:
Skryf eerstens ook oor Bheki Cele se onverwagte getuienis teen Senzo Mchunu voor die parlementêre ad hoc-komitee.
En tweedens word berig die Msunduzi-metro is tans besig om vakatures te vul met tientalle poste wat geadverteer word.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig president Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibië moet ophou om met ’n bakhand-mentaliteit te onderhandel sodat Namibiërs nie deur die internasionale gemeenskap as bedelaars beskou word nie.
Dan skryf die koerant Namibiërs wat hul voertuie in Angola hervul het, is gearresteer en moes glo duisende betaal om na Namibië te kan terugkeer.
En laastens is daar nuus oor Stepping Stone Namibië se eerste geïntegreerde opvoedkundige en terapeutiese sentrum vir beide neurodiverse en visueel gestremde leerders.