Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 07 Oktober 2025:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig die ANC beding vir voorkeur-elektrisiteitstariewe, uitvoerbeheer en infrastruktuurbelegging in Suid-Afrika se chroom- en mangaanbedrywe, in ‘n poging om te keer dat aanlegte sluit. Die koerant skryf die voorstelle, uiteengesit in die ANC se 10-punt ekonomiese aksieplan, is daarop gemik om die agteruitgang van die land se metaalsektore te stuit.
# En die Netwerk24-webblad:
Berig hoewel dit nog glad nie seker is wanneer die oorskot van die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa na Suid-Afrika gebring sal word nie, hoop die familie dis vandag sodat hulle afsluiting kan kry.
Dan skryf die webblad die ses Suid-Afrikaners aan boord van die Global Sumud-flottielje wat deur die Israelse regering aangehou is, sal vandag terugkeer na Suid-Afrika.
En laastens word berig ‘n beloning van 100-duisend-rand is uitgeloof na ‘n transitorooftog op die N4 naby Mooinooi in Noordwes. ‘n Veiligheidswag is tydens die voorval dood.
GAUTENG:
# The Star:
Skryf die regering word beskuldig dat hy die Madlanga-kommissie saboteer na aanleiding van opmerkings deur die voormalige getuienisleier, advokaat Terry Motau, oor ‘n onvoldoende begroting. Die kommissie het verlede week bevestig dat Motau bedank het.
# Sowetan:
Berig oor die skietery by ‘n taverne in Bronkhorstspruit waartydens vyf mense doodgeskiet is. Een van die oorlewendes sê sy het onder die snoekertafel weggekruip terwyl die skieter losgebrand het.
# En The Citizen:
Lei met: “SA ‘READY FOR NEW POLITICS’”. Die koerant skryf beide die ANC en DA het probleme om die kiesers se steun te verkry in volgende jaar se verkiesing. Die vraag is of Unite for Change ‘n antwoord bied.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig een van die beskuldigdes in die opspraakwekkende Stefan Smit-moordverhoor, Zurenah Smit, betwis nou die egtheid van die beëdigde verklaring wat sy vroeër ingedien het. Sy staan saam met ‘n voormalige lyfwag, Derek Salt tereg vir onder meer Smit se moord.
En tweedens skryf die koerant die oorsaak van die dood van die vlieërplankryer, Graham Howes op 7 September is ‘n skool walvisse wat hy by Eden Bay getref het.
OOS-KAAP:
# Daily Despatch in Oos-Londen:
Berig studente is beseer en vyf is in hegtenis geneem tydens ‘n betoging by die Fort Hare-universiteit.
En skryf die ondersoek wat ingestel is ná die voorval in April op die kampus van die Walter Sisulu-universiteit waartydens ‘n student doodgeskiet is, het berusting gebring vir die familie.
KWAZULU-NATAL:
# The Witness in Pietermaritzburg:
Skryf die Appèlhof het die aanwysing van Misuzulu kaZwelithini as die enigste ware Zoeloekoning bevestig.
En tweedens word berig die DA in die provinsie het ontken dat hy van plan is om die ANC uit die kussings te lig.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig ‘n verbod op buitelandse eienaarskap van kommersiële grond doen weinig om opbrengste, lone of werksgeleenthede te verseker.
Dan skryf die koerant die toename in belastingbetalersverenigings op die vooraand van November se verkiesing wys dat die vertroue in politieke partye taan.
En laastens is daar nuus oor ‘n Namibiese ontwerper se sukses op die Franse internasionale modeverhoog.