Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 10 September 2025:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig Anglo American se samesmelting met die Kanadese kopermynmaatskappy Teck is een van die grootste mynboutransaksies in meer as ‘n dekade. Die aankondiging van die voorgestelde transaksie het Anglo se aandeel gister met soveel as 11-persent laat styg, sy grootste eendagwins in 16 maande.
# En die Netwerk24-webblad:
Berig eerstens die ma van die omstrede Kleuterzone-baas, Anthonie Bougas het aan Nuuspod erken sy en haar man is platsak in Thailand. Rensche het ook herhaal dat hulle geen insae gehad het in Kleuterzone se sowat 400-miljoen-rand beleggersgeld nie. Anthonie word glo deur sy Thaise kêrel in Bangkok onderhou.
Dan skryf die webblad die sakeredders wat die NTC Global Trade Fund behartig het, het bedank ure nadat die prokureur Bouwer van Niekerk vermoor is. Van Niekerk was verbonde aan SmitSew-prokureurs.
En laastens word berig die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia het erken daar is nog geen polisieplan om die bendegeweld te bestry nie.
GAUTENG:
# Sowetan:
Berig die Hooggeregshof in Pretoria het besluit dat nasionale adjunkpolisiekommissaris Shadrack Sibiya se verlof gehandhaaf moet word aangesien dit nie die ondersoek van die Madlanga-kommissie sal benadeel nie.
# The Star:
Skryf ook oor Sibiya. Sy regsverteenwoordiger, Ian Levitt sê hulle gaan appelleer teen die besluit.
# En The Citizen:
Skryf die bywoning van G20 deur die Amerikaanse visepresident, JD Vance moet gesien word as ‘n teken van respek en ‘n poging om die betrekkinge tussen Suid-Afrika en die VSA te herstel.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig eerstens oor die sluiting van Afrikaanse enkelmediumskole die afgelope sewe jaar. Landswyd het 289 skole hul deure gesluit. Die koerant bied ‘n gedetailleerde uiteensetting per provinsie.
En tweedens is daar nuus oor die Amerikaanse kettinggroep Walmart wat binnekort takke in Suid-Afrika oopmaak.
OOS-KAAP:
# Daily Despatch in Oos-Londen:
Berig die Mthatha-munisipaliteit sê hy het oorlog verklaar teen die waterlekke in die dorp.
En skryf 10-miljard-rand word benodig om die waterinfrastruktuur in Buffalo City te herstel.
KWAZULU-NATAL:
# The Witness in Pietermaritzburg:
Skryf president Cyril Ramaphosa moes gister moeilike vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord.
En berig daar is beroepe vir hervormings in aanlyn dobbelbedrywighede.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig die korrupsie-beskuldigde Cedric Willemse het ontken dat sy geld uit Namcor kom. Hy sê hy het lank reeds ‘n flambojante ryk lewe gelei.
En tweedens skryf die koerant ‘n boer van Khorixas is raadop oor ’n trop olifante wat verwoesting op sy plaas saai.