Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 04 September 2025:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig die Wes-Kaapse regering het ‘n aansoek by die Konstitusionele Hof ingedien om die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering ongrondwetlik te laat verklaar. Die provinsiale regering sê die Parlement het nie sy grondwetlike verpligting nagekom om openbare betrokkenheid by die wetgewende proses te fasiliteer nie.
# En die Netwerk24-webblad:
Berig die munisipaliteit van Stellenbosch gaan ‘n formele ondersoek instel na die beweerde rassistiese opmerkings deur sy Menslike Hulpbronbestuurder Alexander Kannemeyer wat glo gesê het witmense moet weggewerk word.
Dan skyf die webblad die Indiese regering het op verskeie eiendomme van die Gupta-broers beslag gelê ondermeer oor die klagtes van staatskaping teen hulle in Suid-Afrika,
En laastens is daar nuus oor die nasionale regering wat gaan ingryp om sake in Lichtenburg reg te ruk.
GAUTENG:
# The Star:
Berig daar was die week ten minste drie afsonderlikke ongelukke in Gauteng, wat die verlies van veertien lewens tot gevolg gehad het. Gister is vyf mense dood in ‘n taxi-ongeluk nadat dit op die N1-Noord-snelweg in Midrand omgeslaan het.
En tweedens skryf die koerant Gauteng sal binne die volgende vier weke sy eerste taakspan vir politieke moorde stig om polities gemotiveerde moorde in die provinsie wat terugdateer tot 2010, te ondersoek.
# Sowetan:
Berig oor die transitorooftog in Boksburg Maandag waarin twee lede van die publiek dood is. Geslote baan televisie-opnames wat nou aan die lig gekom het wys hoe een van die verdagtes sy wapen in ‘n hondehok langs die pad versteek voordat hy met die polisie praat.
# En The Citizen:
Skryf Gerrie Nel van AfriForum het ‘n sogenaamde dossier van haat opgestel teen Julius Malema met die doel om dit na die buiteland re neem om sanksies teen hom te bewerkstellig.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig president Cyril Ramaphosa is van oral gekritiseer vir sy oënskylike ondersteuning van die Zimbabwiese grondgrype. Verskeie kenners het sy uitsprake as toondoof beskryf wat deur die Weste gesien kan word of hy hulle koggel.
En skryf die inwoners van die Namakwa-distriksmunisipaliteit het groot geskrik vir ‘n aardbewing met ‘n omvang van 4,07. Dit het Dinsdagaand kort na 11 uur plaasgevind.
OOS-KAAP:
# Daily Despatch in Oos-Londen:
Berig van die belangrikste oorsigvergaderings in die Buffalo City-metro is gekanselleer as gevolg van dreigende stakings.
En skryf die beskuldigdes in die Lusikisiki-slagtingsaak betwis die getuienis van ‘n voormalige meeloper.
KWAZULU-NATAL:
# The Witness in Pietermaritzburg:
Berig oor die hofgeding van die nasionale adjunkkommissaris van polisie, Shadrack Sibiya, teen die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, oor hy op spesiale verlof geplaas is na bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi.
En tweedens skryf die koerant oor spesiale kinderbeheer wat vir ChatGPT ingestel is.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig die minister van Gesondheid het erken die uitkontraktering van hospitaalwasgoeddienste aan privaat ondernemings kos te veel.
En skryf die Pan-Afrika telekommunikasie-operateur die Paratus Groep, het die eerste privaat selfoonnetwerk in Namibië met 4G/LTE- en 5G-tegnologieë bekendgestel.