Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 01 September 2025:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig vandag is die eerste dag vir werkgewers in verskillende sektore regoor die land om verslag te doen volgens die regering se nuwe regulasies vir gelyke indiensneming ten spyte van hangende regsgedinge. Die Nasionale Werkgewersvereniging en die sake-organisasie, Sakeliga het verlede week ‘n dringende regsgeding teen die regulasies in die Hooggeregshof in Pretoria verloor.
# En die Netwerk24-webblad:
Berig die probleme in die polisie het nou ook uitgebrei na geskille in die topstruktuur. President Cyril Ramaphosa het standpunt ingeneem saam met die minister van Polisie, Firoz Cachalia oor die terugstuur van 122 dossiere aan die polisie se taakspan teen politieke moorde in KwaZulu-Natal. Hulle sê dit gaan die kommissie van ondersoek benadeel.
Tweedens skryf die webblad die brand wat op die Magaliesberg uitgebeek het, is onder beheer gebring en bedreig nie meer huise nie.
En laastens is daar nuus oor die 30 valskermspringers wat die naweek buite Delmas verskeie rekords opgestel en lugformasies gebou het.
GAUTENG:
# The Star:
Skryf die Nasionale Wysigingswet op Landvervoer, wat oor net ‘n week in werking tree, poog om e-taxis formeel te reguleer, billikheid in die vervoersektor te bevorder, pendelveiligheid te versterk en die gewelddadige botsings in die taxibedryf te bekamp.
# En Sowetan:
Berig organisasies wat weggooi-babas help, gaan ‘n hofaansoek indien teen die Gautengse regering wat die sentrums wil sluit. Daar word jaarliks landswyd sowat drie-duisend-500 babas weggegooi.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Lei soos Netwerk24 met die probleme in die polisie wat verder uitkring. Die EFF en MK-party het Cachalia van politieke inmenging beskuldig.
En tweedens word berig Kaapse voertuigbestuurders word al hoe meer vasgetrek vir verkeersoortredings. Dit blyk dat Kapenaars hulle bloot net sleg op paaie gedra.
OOS-KAAP:
# The Herald in Nelson Mandelabaai:
Berig Ford in Struandale is na bewerig besig om afleggings te beplan.
En skryf dit het aan die lig gekom dat inligting wat uit binnekringe gelek word die vlaag van ontvoerings in die Oos-Kaap steun.
KWAZULU-NATAL:
# The Witness in Pietermaritzburg:
Berig inwoners het reg in eie hand geneem en grondbesetters in hul gebied weggejaag.
En tweedens is daar nuus oor die Haaie se oorwinning van 33-31 teen die Boland Kavaliers.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig in wat as ‘n uiters donker paar dae vir Namibië se manne en vroue in uniform bestempel kan word, sterf 15 lede in ‘n grubotsing en een aan die hand van ‘n verdagte.
En tweedens skryf die koerant die ministerie van Stedelike en Landelike ontwikkeling bevraagteken waarom kerke poligamie verwerp, maar toelaat dat mense van dieselfde geslag mag trou.