Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 22 Augustus 2025:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig die Konstitusionele Hof sal ‘n finale uitspraak lewer oor die Mededingingskommissie se dekade lange stryd om plaaslike en internasionale banke wat beskuldig word dat hulle die rand gemanipuleer het, te vervolg. Dit volg na ‘n drie dae lange verhoor, wat die grense van mededingingswetgewing in die land kan verskuif.
# Mail & Guardian op Vrydae:
Skryf oor die voortdurende gesondheidsgevare van asbes in Suid-Afrika.
# En die Netwerk24-webblad:
Berig die adjunkkommissaris van die polisie, luitenant-generaal Shadrack Sibiya sê in hofstukke hy word as sondebok uitgemaak in die polisie se korrupsie-ondersoek.
Dan skryf die webblad Build One South Africa sê hy is nie teen die nasionale dialoog gekant nie, maar wel teen ‘n RNE wat die MK-party en EFF insluit.
En laastens word berig die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het ten sterkste ontken dat daar drie Oryx-helikopters verlate agtergelaat is in die DRK.
GAUTENG:
# The Star:
Skryf ook oor die Mededingingskommissie se Konstitusionele Hof-saak. Die koerant berig Standard Bank het die kommissie beskuldig van onkunde maar die kommissie sê die bank doen alles in sy vermoë om die verdoemende klagtes teen hom te ontwyk.
# Sowetan:
Berig die oorlewendes van die Johannesburge Usindiso-brand twee jaar gelede waarin 76 mense omgekom het, word aangeval en beroof in die gebied waar hulle hervestig is. Dit lyk ook of die saak teen die brandstigter nie sal voortgaan nie omdat die staatsgetuies nie opgespoor kan word nie.
# En The Citizen:
Skryf daar word tans 548 sake van afknouery en boeliegedrag waarby leerders betrek word ondersoek. Die koerant kyk na die redes hoekom die jeug so kwaad is.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig die DA eis die kop van die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga oor die uitlatings van die hoof van die weermag in Libië. Die DA sê die minister beskerm generaal Rudzani Maphwanya doelbewus.
En tweedens skryf die koerant oor die luiperd wat gister amok gesaai het in Mookgophong en onder meer ‘n tuinwerker aangeval het.
OOS-KAAP:
# Daily Despatch in Oos-Londen:
Berig die inwoners van Oos-Londen is omgekrap oor die elektrisiteitstariewe wat die Buffalo City-metro wil instel.
En skryf tweedens oor ‘n motoris wat ‘n aanval by ‘n vulstasie op die N2 wonderbaarlik ontkom het.
KWAZULU-NATAL:
# The Witness in Pietermaritzburg:
Skryf die metropolisie het ‘n klopjag in Pietermaritzburg se middestad uitgevoer en beslag gelê op vals produkte.
En berig oor ‘n inwoner van Pietermaritzburg wat 105 jaar oud word.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig ses jaar ná sy amptelike registrasie funksioneer die Ngcove Junior Primêre Skool in die Kavango-Oosstreek steeds sonder water, toilette of behoorlike klaskamers.
Dan skryf die koerant die e-taxi en afleweringsdiens Yango in Namibië is gereed om aan die opdragte van die ministerie van Werke en Vervoer te voldoen.
En laastens is daar nuus oor die F4-renjaer Adriaan Nel wat aan ’n wedren in Angola deelgeneem het.