Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 20 Augustus 2025:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig die Mededingingskommissie het in die Konstutusionele Hof aangevoer Standard Bank, FirstRand en Nedbank moet antwoorde gee oor bewerings van randmanipulasie. Die reguleerder sê die drie leners, saam met dosyne van hul internasionale eweknieë, moet sonder uitsondering aanspreeklik gehou word.
# En die Netwerk24-webblad:
Berig daar gaan opnuut pogings aangewend word om die stigtings wat uit die nasionle dialoog onttrek het te oortuig om weer aan te sluit. Burgerlike groepe gaan met die stigtings vergader oor hulle probleme met die dialoog.
Dan skryf die webblad Israel bestudeer tans ‘n skietstakingvoorstel wat deur Hamas aanvaar is. Dit behels ‘n opskorting van gewelddadighede vir 60 dae en die vrylating van die helfte van die gyselaars.
En ten slotte word berig die koste van die regterlike kommissie wat die WVK se werksaamhede moet afsluit is nog nie vasgestel nie. Oudregter Sisi Khampepe sê slagoffers van apartheidsmisdade moet geregtigheid ontvang.
GAUTENG:
# The Star:
Berig die Nasionale Vervolgingsgesag sê die saak teen polisiebeamptes wat vrygespreek is oor die Marikana-slagting, sal hervat word. Die NVG sê die dossier is saamgestel sodat die proses kan hervat. Dit volg op eise vir verantwoordbaarheid.
# Sowetan:
Berig daar is talle finale jaar studente onder sowat 32-duisend Unisa-studente wat nie hul studies kan voortsit nie, omdat hulle beurse nie uitbetaal nie. Die universiteit sê hy benodig sowat 375-miljoen-rand om die fondse vrylik te laat vloei
# En The Citizen:
Skryf oor die hof se opdrag aan die voormalige loterye-raadslid William Huma om 21-miljoen-rand terug te betaal aan die fonds.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Lei met die dood van die onderwyser en rugby-afrigter, die 55-jarige Stanley Kruger van George in ‘n motorongeluk. Sy dood het ‘n reuse-uitwerking op die gemeenskap en huldeblyke stroom van oral in.
En tweedens skyf die koerant oor die sewejarige rugbyspelertjie van die Oos-Kaap wat met gemak agter die doellyn kuier. Die enigste verskil is, hy het net een been.
OOS-KAAP:
# Daily Despatch in Oos-Londen:
Berig Oos-Londen se oostelike strand is gesluit nadat die karkas van ‘n walvis in die water opgemerk is.
En skryf tientalle dokters en verpleërs is aangestel om die onmiddellike druk by plaaslike hospitale te verlig.
KWAZULU-NATAL:
# The Witness in Pietermaritzburg:
Skryf banke het ‘n waarskuwing uitgereik oor KI-bedrog wat toeneem.
En berig die Inkomstediens waarsku diegene wat belasting wil ontduik kan optrede verwag.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig ‘n noodgeval-pasiënt wag vir vyf weke in ‘n staatshospitaal voordat haar galblaas uiteindelik verwyder word.
En tweedens skryf die koerant vier plaaslike ondernemings wil meeding vir spektrum om OneWeb se internetdienste in Namibië te kan verskaf.