Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 14 April 2025:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig die topstruktuur van die ANC sal vandag vergader ná raadpleging met die DA, EFF, MK-party en die VF Plus die afgelope naweek. Daar is bevestig dat daar geen steun onder die partye vir die voorgenome BTW-verhoging is nie en die ANC sal dringend na alternatiewe moet soek.
# En die Netwerk24-webblad:
Berig die DA het ‘n versoekskrif van stapel gestuur teen planne om die wapens van sekerheidsondernemings te beperk. Sowat twee-duisend-300 mense het reeds die dokument onderteken.
Dan skryf die webblad die vlieënier van ‘n eensitplek-vliegtuig van die Marksmen-aërobatiese span is dood nadat die vliegtuig naby die Kitty Hawk-lughawe oos van Pretoria neergestort het. Die vlieënier is nie deel van Marksmen nie, en sy naam is nog nie bekend nie.
En laastens word berig president Cyril Ramaphosa het nie planne om die kabinet te verklein nie aangesien die adjunkministers ‘n groot bydrae lewer.
GAUTENG:
# The Star & Pretoria News:
Skryf ook die ANC sal ernstig moet oorweeg om die BTW-verhoging te skrap na opposisie uit talle oorde.
En tweedens word berig die vermeende verkragter van ‘n 14-jarige is skotvry nadat sy slagoffer selfdood pleeg.
# Sowetan:
Berig die inwoners van Emfuleni kan nie verder die stank van riool uitstaan nie. Daar is beroepe dat die rioolstorting tot ‘n nasionale omgewingskrisis en skending van menseregte verklaar word.
# En The Citizen:
Skryf dit het aan die lig gekom dat sowat 150 munisipaliteite landswyd nooit hul werknemers se pensioenbydraes oorbetaal het nie. Vakbonde bestempel die stap as blote diefstal en die amptenare moet vervolg word.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig twee neefs van Lambertsbaai aan die Weskus, Chester en Heshron van der Heever, is dood toe hulle vissersboot vermis geraak het. Die boot en liggame is Saterdag vyf kilometer suid van Lambertsbaai gevind.
Dan skryf die koerant die Wes-Kaapse Wetgewer het die minister van Menslike Nedersettings, Thembisile Simelane genooi om die George-gebourampverslag te kom bespreek.
En laastens word berig die polisie het ‘n 35-jarige vrou in hegtenis geneem vir die moord op ‘n man in die Wynberg-landdroshof verlede week.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig verhuurders wat probleemgeboue in Nelson Mandelabaai verwaarloos, sal voldoeningskennisgewings van die Oos-Kaapse Provinsiale Erfenishulpbron-owerheid ontvang.
En skryf sakeondernemings in Noordeinde is moedeloos met die informele motorwerktuigkundiges wat op sypaadjies sake doen. Die omgewing is besaai met verpletterde voorruite en geskeurde bandvoerings terwyl oliekolle oral voorkom.
KWAZULU-NATAL:
# The Witness in Pietermaritzburg:
Skryf oor Maatskaplike Dienste wat aan die kortste end trek in die provinsiale begroting.
En berig oor ‘n vrou wat aangeval is by die Pietermaritzburg-hospitaal.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig president Netumbo Nandi-Ndaitwah het die HyIron-aanleg naby Arandis amptelik ingewy en erken sy was aanvanklik skepties oor die projek.
En tweedens skryf die koerant Okahandja is in rou gedompel oor die grusame moord op die vyfjarige Ingrid Maasdorp.