Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 08 Januarie 2024:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig oor die groter magte wat toegeken is aan die uitvoerende hoof van Standard Bank, Kenny Fihla.
GAUTENG:
# Beeld:
Is die eerste van die drie Media24-susterkoerante wat berig oor Eskom se waarskuwing dat beurtkrag derlopend deur die jaar toegepas gaan word. Die elektristeitsvoorsiener het 2024 as ‘n “rooi jaar” bestempel.
Dan skryf die koerant die aktrise wat die rol van ‘n plaasmoordslagoffer in ‘n rolprent vertolk het, is die naweek saam met haar man in Kameeldrift-Wes aangeval. Pieter en Stephenie Venter is gister uit die hospitaal ontslaan.
En laastens word berig die Leeus-rugbyspan wil ná hul oorwinning teen die Haaie Saterdag ‘n nuwe baken van hoop vir Johannesburg word.
# The Star en Pretoria News:
Skryf die druk neem toe op die minister Hoër Onderwys en Opleiding, Blade Nzimande en die voorsitter van die raad van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, Ernest Khosa om te bedank weens beweerde tenderbedrog.
# En The Citizen:
Lei met: “TOO LATE FOR ANC”. Die koerant skryf ontleders is dit eens dat dit te laat is vir die ANC om nuwe planne te beraam om kiesers na die stembus te lok.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Lei ook met Eskom se waarskuwing.
Dan berig die koerant oor die gedenkkonsert vir die sanger Theuns Jordaan in Kaapstad. Sy pa, Willie is gister in Bloemfontein oorlede.
En laastens is daar nuus oor die gedenkdiens vir die lugbespuitingsvlieënier van Kroonstad, Hennie Viviers.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Het dieselfde hoofberig as Beeld en Volksblad.
Dan skryf die koerant ‘n tiener van Makhaza in Khayelitsha het in die see by Muizenberg verdrink terwyl sy maat wat saam met hom geswem het deur ‘n branderplankryer gered is.
En laastens is daar ook nuus oor die afsterwe van Theuns Jordaan se pa.
# En Cape Times:
Skryf ook oor Nzimande.
En berig die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula sê die party gaan teen oudpresident Jacob Zuma optree.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig die inwoners van Parsonsvlei sê hulle is in 2015 bloot naby Malabar afgelaai en daar is nooit weer aandag geskenk aan hul lot nie.
En skryf oor die 10-jarige seun van Missionvale wat in ‘n watergat verdrink het toe hy en sy vriende daarin gespeel het.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Skryf die MK-party het homself tot Jacob Zuma gewend om die partyleierskap oor te neem nadat oudhoofregter Mogoeng Mogoeng nie beskikbaar is nie.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig hoewel die aantal ongelukke op Namibiese paaie die afgelope feestyd toegeneem het, het die aantal sterftes met 14-persent gedaal tot 57. Daar is 403 ongelukke aangemeld.
En tweedens is daar nuus oor die Swakop Flora Nursery wat aan Herman Klose behoort.