Skip to content

Oekraïnse hommeltuigaanval beskadig petrochemiese aanleg diep in Rusland

# ‘n Oekraïnse hommeltuigaanval het die Sterlitamak-petrochemiese aanleg diep in Rusland beskadig, wat tot die gedeeltelike instorting van ‘n watersuiweringsaanleg gelei het. Niemand is beseer nie. Streeksowerhede sê die aanleg in die Bashkortostan-streek, ongeveer een-duisend-500 kilometer van die Oekraïnse grens in die Oeralgebergtes, kon sonder onderbreking met sy werksaamhede voortgaan. Twee hommeltuie wat in die aanval gebruik is, is afgeskiet. Die Russiese Ministerie van Verdediging het in sy daaglikse verslag gesê sy verdedigingstelsels het 83 hommeltuie oor sewe ander Russiese streke vernietig.