# Oekraïne se president, Volodimir Zelenski, sê die land se weermag het twee Russiese olieraffinaderye in langafstand-aanvalle getref. Raffinaderye in Basjkortostan en Jaroslawl is getref, en digte wolke swart rook is bo die stede gesien. Russiese amptenare sê 93 hommeltuie is vernietig, maar vallende wrakstukke het olietenks getref. Die Russiese Weermag sê hy het 605 Oekraïnse hommeltuie in verskeie streke onderskep en vernietig. Drie mense is volgens berigte dood. Oekraïne het onlangs ‘n reeks aanvalle op Russiese infrastruktuur uitgevoer, insluitend olieraffinaderye en pakhuise.
Oekraïne tref twee Russiese olieraffinaderye in langafstand-aanvalle