# Oekraïne het die Moskouse olieraffinadery in die suidoostelike Kapotnya-distrik van Rusland vanoggend die tweede keer hierdie week aangeval. Kiëf het die aanleg Dinsdag met langafstand-hommeltuie getref in ʼn operasie wat president Volodimir Zelensky beskryf as ʼn reaksie op Russiese aanvalle. Die raffinadery is een van die grootste in die hoofstad en voorsien sowat 40-persent van die land se brandstofmark. Die aanval is gedoen terwyl wêreldleiers hulle op die G7-beraad in Frankryk daartoe verbind het om Oekraïne te help om sy lugafweer-vermoë te versterk.
Oekraïne teiken Moskouse olieraffinadery tweede keer die week