# Nvidia is onder die vergrootglas ná bewerings dat ‘n Chinese sakevrou verbind aan die uitvoerende hoof, Jensen Huang, betrokke was by die smokkel van beperkte mikroskyfies na China. Haar netwerk het glo gehelp om beperkte Nvidia-mikroskyfies ter waarde van minstens 123-miljard-rand na China te verskuif. Huang erken ‘n verhouding met haar, maar ontken enige kennis van beweerde spioenasie. Nvidia se raad het ‘n onafhanklike ondersoek ingestel en daar is geen bewyse dat maatskappygeheime of nasionale veiligheid in die gedrang is nie. Amerikaanse wetgewers vra intussen strenger beheer oor die uitvoer van mikroskyfies na China.
Nvidia ondersoek weens Chinese mikroskyfie-verkope en uitvoerende hoof se betrokkenheid