Skip to content

NVG verwerp poging om aanklagte teen sleutelgetuie in Mapisa Nqakula-korrupsiesaak te laat vaar

# Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig hy sal voortgaan met die bedrogaanklagte teen die verdedigings-kontrakteur, Nombasa Ntsondwa-Ndhlovu, ‘n sleutelgetuie in die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula se korrupsieverhoor. News24 berig Ntsondwa-Ndhlovu, wat nou ‘n staatsgetuie is, het gevra of die tenderbedrogsaak van 100-miljoen-rand teen haar teruggetrek kan word, maar die hoof van die NVG, Shamila Batohi, het geweier. Die NVG sê dit is twee afsonderlike sake en ‘n besluit om te vervolg sal nie die saak teen Mapisa-Nqakula beïnvloed nie. Ntsondwa-Ndhlovu het aangedui sy sal regstappe doen teen Batohi se besluit.