# Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die pleitooreenkoms met die vermeende misdaad-baasbrein, Vusumuzi “Cat” Matlala, raak nie enige van die ander strafregtelike sake teen hom nie. Hy het skuldig gepleit op aanklagte van bedrog en korrupsie wat verband hou met die omstrede tender van 228-miljoen-rand wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens aan sy maatskappy, Medicare24, toegeken het. Die NVG-woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê Matlala en sy vrou sal steeds teregstaan op aanklagte van poging tot moord wat drie afsonderlike skietvoorvalle betref:
NVG sê Matlala se pleitooreenkoms sal nie ander strafregtelike sake teen hom beïnvloed nie [KLANK]
ENG KganyagoOnMatlala