# Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, advokaat Shamila Batohi, sê die vryspreking van die TV-evangelis pastoor Timothy Omotoso is ‘n onaanvaarbare bespotting van die gereg. Hy en sy twee medebeskuldigdes is vrygespreek van alle aanklagte, insluitend verkragting en mensehandel. Batohi het ‘n verslag van die Oos-Kaapse direkteur van Openbare Vervolging, Barry Madolo, aangevra oor die uitspraak en negatiewe bevindings van die regter oor die vervolgingspan. Sy sê hulle oorweeg om teen die uitspraak te appelleer.
NVG-hoof sê Omotoso-vryspreking is ‘n onaanvaarbare bespotting van die gereg