Skip to content

NVG gereed om saak teen Misdaadintelligensie-baas Dumisani Khumalo en medebeskuldigdes terug te trek

# Daar word verwag dat die Nasionale Vervolgingsgesag die strafsaak teen Misdaadintelligensie-baas Dumisani Khumalo, en ook die hoof van die polisie se Misdaadintelligensie Tegniese Ondersteuningsdienste, Dineo Mokwele en hul medebeskuldigdes gaan terug te trek. Die NVG het voorheen gesê die aanklagte sal voorlopig teruggetrek word terwyl die saak hersien en enige verdere bewyse oorweeg word. Die regspanne vir Khumalo en Mokwele het aangedring op ‘n onvoorwaardelike terugtrekking. Die NVG beplan om die saak Vrydag ten volle en sonder voorwaardes terug te trek.