# Die Nasionale Vervolgingsgesag ontken bewerings dat uitvoerende hoofde by sy werksaamhede inmeng. ʼn Verslag in die Sunday World beweer president Cyril Ramaphosa, die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, en die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, werk saam met die NVG om adjunkpresident Paul Mashatile te vervolg. Die NVG het ʼn amptelike klag teen die Sunday World se redakteur aanhangig gemaak en sal ook ʼn amptelike klag by die Persombud indien. Die vervolgingsliggaam hou vol hy voer sy mandaat uit sonder vrees, guns of vooroordeel.
NVG gaan klag indien by Persombud oor bewerings van vermeende inmenging