# ‘n Nuwe peiling deur die DA toon dat die ANC 11 persentasiepunte nasionaal verloor het sedert verlede jaar se algemene verkiesing, met die party se steun nou onder 30-persent. Die DA is net een persentasiepunt agter met 29-persent. Die DA het die ANC ook in verskeie metropolitaanse gebiede verbygesteek. In Johannesburg is die ANC op 23-persent in die peiling vergeleke met die DA se 40-persent, terwyl die ANC in Tshwane op 27-persent en die DA op ‘n stewige 48-persent is. In Ekurhuleni het die ANC 19-persent steun, met die DA op 41-persent.
In die verlede was die DA-peilings besonder akkuraat. Dit word daagliks telefonies onder een-duisend-820 demografies verteenwoordigende respondente gedoen wat almal geregistreerde kiesers is.