# The Unlimited Child het ‘n kunsmatige intelligensie-platform bekendgestel wat daarop gemik is om die gehalte van vroeë kinderontwikkeling in Suid-Afrika te verbeter. Die organisasie sonder winsbejag sê die platform gee praktisyns persoonlike hulp met lesbeplanning, opleiding en klaskamerondersteuning, wat help om skoolgereedheid te verbeter, veral in minderbevoorregte gemeenskappe. Candice Potgieter van die organisasie sê die tegnologie ondersteun regeringspogings om vroeë kinderonderwys te versterk en ongelykheid te verminder.
Nuwe KI-toepassing gee vroeë kinderontwikkeling ‘n digitale hupstoot