# Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kunsmatige Intelligensie en die Wes-Kaapse Regering het ‘n nuwe provinsiale kunsmatige intelligensie-groepering gevestig om die KI-sektor in die provinsie te laat groei. Die inisiatief sal fokus op die beleid, bestuur en infrastruktuur van KI, en is daarop gemik om innovering te versterk, beleggings te lok en werksgeleenthede oor die volgende drie jaar te skep. Nick Bradshaw van die vereniging sê die projek sal ook fokus op verantwoordelike KI en om die provinsie as ‘n globale tegnologie-spilpunt te posisioneer. ‘n Groot KI-konferensie word vanjaar vir Kaapstad beplan.
Nuwe KI-groepering staan reg om Wes-Kaap in toonaangewende tegnologie-spilpunt te verander