# Japan se nuwe eerste minister, Sanae Takaichi, het slegs twee ander vroue in haar kabinet van 19-lede ingesluit, al het sy Nordiese vlakke van verteenwoordiging beloof. Satsuki Katayama is die eerste vroue-minister van Finansies. Takaichi, ‘n bewonderaar van die voormalige Britse eerste minister, Margaret Thatcher, is vanoggend as die eerste vrou in die posisie aangewys. Vroue is nie algemeen in Japanse politiek of raadsale nie. Die land is 118de uit 148 op die Wêreld-ekonomiese Forum se jongste Geslagsgapingsverslag. Ysland, Finland en Noorweë beklee die eerste drie plekke.
Nuwe Japannese eerste minister wys slegs twee ander vroue aan vir kabinet van 19 lede