Skip to content

Nuwe Afrika-energiekonferensie word in Suid-Afrika bekendgestel

# ‘n Nuwe energiekonferensie wat rolspelers van regoor die vasteland byeen sal bring, word aanstaande jaar in Suid-Afrika bekendgestel. Die eerste Afrika Energie-byeenkoms sal by die Gallagher-konferensiesentrum in Midrand plaasvind, in samewerking met die Departement van Elektrisiteit en Energie. Die konferensie sal veral fokus op kragopwekking, oordrag, verspreiding en doeltreffende energieberging. Meer as vyf-duisend afgevaardigdes, insluitend internasionale beleggers en tegnologieverskaffers, sal die konferensie na verwagting bywoon.