Skip to content

Nuutverkose Tshwane-raadslid onderneem om dienslewering voorop te stel

# Die nuutverkose raadslid van die Stad Tshwane, Mickey van der Westhuizen, het beloof om voorkeur te gee aan gemeenskapsveiligheid en dienslewering in Clarina, Heatherdale, Klerksoord, Tileba, Winternest, Theresapark, Eldorette en Dorandia. Hy is verkies in verlede week se tussenverkiesing. Die wyk word geteister deur kwessies soos wateronderbrekings, swak infrastruktuur, onwettige storting en stukkende straatligte. Van der Westhuizen sê hulle het na inwoners se frustrasies geluister en gaan nou aan die werk spring om diens te lewer.