# Die Nasionale Unie van Mynwerkers veroordeel die onlangse ontstellende optrede van die bestuur van Radel in Randburg, Johannesburg. Die maatskappy vervaardig en versprei ‘n wye reeks produkte en fokus veral op diens aan die swaarvoertuignywerheid. NUM het verlede week gesê ‘n bestuurder het werknemers na die kleedkamer gevolg om te sien hoe lank hulle daar deurgebring het. Dit unie sê die maatskappy het televisiekameras in aantrekkamers en kombuise aangebring waar hoofsaaklik swart werknemers werk. NUM vra ‘n ondersoek na Radel.
NUM veroordeel swak behandeling van Radel-werknemers in Johannesburg