Skip to content

NUM ondersteun Eskom se handelslisensie-litigasie teen Nersa

# Die Nasionale Unie van Mynwerkers sê hy ondersteun Eskom se regsuitdaging teen die energiereguleerder, Nersa, se besluit om vyf elektrisiteit-handelslisensies en een invoer/uitvoer-lisensie toe te staan. Die kragverskaffer sê handelaars sal die groot kragverbruikers teiken wat Eskom en munisipale verspreiders se beste betalers is en sodoende hulle volhoubaarheid ondermyn. Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, doen ʼn beroep op Eskom om die hofsaak te laat vaar. NUM sê hierdie litigasie is nodig om duidelike bedryfsreëls vir die energiesektor vas te stel.