Skip to content

NUM is gereed vir nasionale loononderhandelinge met Sibanye Stillwater

# Die Nasionale Unie van Mynwerkers sê hy berei voor om in Mei met loononderhandelings by Sibanye Stillwater te begin. Die maatskappy het in November verlede jaar ʼn eenjaar-loonooreenkoms met vakbonde by sy goudbedrywighede bereik, wat ʼn verhoging van 5,5-persent insluit. Hierdie ooreenkoms verstryk op 30 Junie vanjaar. NUM sê die feit dat die mynbedryf, en veral die goudsektor, ʼn opwaartse neiging in die goudprys toon, gee hom ʼn mededingende voordeel in die onderhandelinge.