Skip to content

Not In My Name vra beter beskerming vir vroue

# Die burgerlike organisasie Not In My Name International vra dat vroue beter beskerm word, in die lig van Olerato Mongale se begrafnis vandag in Bloemfontein. Mongale is enkele ure ná ‘n afspraak met ‘n man vermoor. Die organisasie sê haar tragiese dood beklemtoon die voortdurende krisis van geslagsgeweld in Suid-Afrika. Een verdagte is doodgeskiet en nog twee word nog gesoek. Die organisasie eis dat die twee spoedig in hegtenis geneem word en dat vroue beter beskerm word. Hulle sê hulle sal hul optrede voortsit totdat Suid-Afrika veilig is vir alle vroue.