Skip to content

Nood-onderbreking in kragtoevoer raak meeste dele van ooste van Pretoria​

# Die Stad Tshwane se Departement Energie- en Elektrisiteit het ‘n nood-kragonderbreking in die meeste dele van die ooste van Pretoria aangekondig om herstelwerk te doen na ‘n kragonderbreking verlede nag. Die stad sê die instandhoudingswerk is noodsaaklik om risiko’s te bestuur en verdere skade aan die voerstasie te voorkom. Die metro verwag dat die werk teen vanaand afgehandel sal wees – indien die weer dit toelaat.