Skip to content

Nog vyf senior polisiebeamptes geskors oor betrokkenheid by omstrede Medicare24-tender

# Nog vyf senior polisiebeamptes is geskors oor die omstrede Medicare24-tender van 360-miljoen-rand wat met die georganiseerde misdaadverdagte Vusimuzi “Cat” Matlala verbind word. Dit volg na die skorsing van nege ander polisiebeamptes Vrydag, wat lede was van die tender-evalueringskomitee wat die tender aan Matlala toegeken het. Die totale aantal geskorste beamptes staan nou op 14. Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag is Tesourie-regulasies oortree, en Matlala en Medicare24 is deur die tenderkomitee bevoordeel. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê interne departementele prosesse is tans aan die gang.