Skip to content

Nog ‘n minister word betrek by die Chinese voertuigskenkingskandaal

# Die minister van Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, word beskuldig dat sy luukse geskenkte Chinese sportnutsvoertuie aan haar familie gegee het sonder om dit as persoonlike geskenke te verklaar. Volgens die Daily Maverick het Ramokgopa in 2023 na bewering drie BAIC X55’s aanvaar wat bedoel was as skenkings aan die ANC-vroueliga. Die motors kos ongeveer 500-duisend-rand elk. Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, word nou ook van dieselfde optrede beskuldig. Ramokgopa ontken die bewerings. Beide die ANC en die vroueliga sê hulle dra geen kennis van hierdie skenking nie.