# ‘n Soektog is van stapel gestuur ná ‘n gewelddadige huisinbraak vanoggend in Kameeldrift-Oos, Pretoria. Drie verdagtes het op die vlug geslaan nadat hulle by ‘n huis ingebreek en ‘n man noodlottig geskiet het. Die slagoffer se vrou en drie kinders is ongedeerd. Die Gemeenskapspolisieforum versoek inwoners om enige verdagte bedrywighede aan te meld. Hierdie voorval volg op die moord op die 82-jarige Mossie Mostert in Buffelsdrift verlede week.
Nog ‘n inwoner van Pretoria doodgeskiet op kleinhoewe in Kameeldrift-Oos